Leesplan inligting

Vind VredeVoorbeeld

Finding Peace

DAG 8 VAN 17

Leef In Vrede Met Ander 



Dit is vir ons 'n uitdaging wat ons daagliks ervaar: hoe om in vrede met ander mense te leef en vrede te herstel waar daar konflik ontstaan. 



Die feit is, God verwag van ons om in vrede met ander te leef. Hy weet ook dat ons nie altyd in vrede met ander sal leef nie. Konflik kom voor. Soms is konflik nie maklik om op te los nie. In werklikheid is daar soms konflik wat nie opgelos kan word nie. Nogtans wil God hê dat ons in vrede met alle mense sal leef.



As Jesus se volgelinge, weet ons baie goed, dat wanneer God nie volledig in beheer van ons lewens is nie, ons net so gemeen soos 'n ongelowige kan optree. Ons verlossing beteken nie dat ons outomaties gevrywaar is van gemeenheid, jaloesie, haat of om kwaad te word nie. Dit is net wanneer ons die Heilige Gees vra om in en deur ons te werk, net wanneer ons ons sondige geaardheid aan sy geaardheid oorgee, net wanneer ons daarna streef om sy verteenwoordigers op aarde te wees in elke verhouding waarin ons is, dat ons optrede bo ons trots sal kan uitstyg om vrede te bewerkstellig.



Hoe hanteer ons dus konflik wanneer dit ontstaan en hoe sorg ons vir 'n uitkoms van vrede?



Eerstens: bepaal die waarde van die verhouding. As jy in vrede met die ander persoon wil leef, sal jy moet besluit: "Is hierdie verhouding vir my waardevol genoeg om dit te beskerm? Is ek bereid om sekere dinge prys te gee, sodat die verhouding kan werk?" Ek glo vas dat hulle wat uit genade gered en met die Heilige Gees vervul is, ware vrede in hulle verhoudings kan vind, indien dit vir albei belangrik is.

Tweedens: begin praat en hou aan praat. Wanneer twee persone praat — en bereid is om aan te hou praat en na mekaar te luister — is dit meer waarskynlik dat hulle gou 'n oplossing vir hulle konflik sal kry en in vrede met mekaar sal kan leef.

Derdens: wees deursigtig. Jy kan nie 'n geheime agenda of 'n manipulerende plan in gedagte hê en hoop op 'n vreedsame verhouding nie. Deur openlik en eerlik met ander te wees wanneer konflik ontstaan, help jou om vreedsame oplossings in jou verhoudings te bereik.

Laastens: kom by die kern van die probleem uit. Wanneer jy openlik met ander kommunikeer en eerlik na die kern van die konflik kyk, sal jy beter in staat wees om deur enige probleem te werk en vrede te bewerkstellig.


Terwyl jy daarna streef om in vrede met ander te leef, op grond van die waarheid van die Woord van God, wees bewus daarvan dat God by jou is. Hy sal enige konflik of vervolging wat jy ervaar, tot jou ewige voordeel laat bydra. Hy sal sorg vir geestelike groei, meer geloof en sterker, blywende krag in jou. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Finding Peace

Soek jy meer vrede in jou lewe? Is rustigheid iets waarna jy streef en nie net 'n wens nie? Jy kan ware vrede net op een plek kry — by God. Dr. Charles Stanley wys vir jou in hierdie leesplan hoe om lewensveranderende ge...

More

Baie dankie aan "In Touch Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://intouch.cc/peace-yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid