Leesplan inligting

Oorkom Versoekings — Lesse Uit Jesus se LeweVoorbeeld

Overcoming Temptations - Lessons From Jesus’ Life

DAG 2 VAN 4

Christus se Eerste Versoeking 



Die kern van die eerste versoeking, is die vraag: waar moet 'n persoon se afhanklikheid lê? Die versoeking waarin die duiwel vir Jesus wou lei, was toe Hy in 'n baie kwesbare toestand was: "As jy die Seun van God is, sê vir hierdie klippe om brood te word". Daar is natuurlik niks verkeerd om te eet nie. Ons sien oor en oor hoe Jesus 'n maaltyd saam met sy dissipels geniet, die vyf duisend voed en selfs in die nagmaal is brood betrokke. In hierdie versoeking sien ons egter hoe die duiwel Jesus aanspoor om kos die eerste prioriteit te maak in plaas daarvan om op die Vader te vertrou, om eerder op Homself en sy mag as die seun van God staat te maak en om buite die Vader beheer oor die natuurlike wêreld uit te oefen. 



Ons sien egter hoe Jesus (alhoewel in 'n kwesbare toestand), Homself aan die Vader onderwerp. Hy haal uit Deuteronomium aan dat 'n mens nie net van brood alleen sal lewe nie, maar van elke woord wat kom uit die mond van God. Hy wys daarop dat al het Hy mag en beheer oor die natuurlike wêreld, sal Hy slegs in onderwerping aan die Vader optree. Hy kies afhanklikheid van God die Vader bo sy basies behoefte aan kos. 



Baie maal voel ons lus om self in te gryp. Ons voel omdat ons die middele het om iets te doen, kan ons dit doen. Afhanklikheid van God oortref egter alle ander dinge. Al voel ons dat ons die hulpbronne het om 'n sekere taak te verrig of ons voel dat ons in staat is om iets te doen, moet ons nogtans onsself onderwerp aan wat God wil hê ons moet doen en dan voortgaan. In Matteus 6:33 sê: "beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee." God is en sal altyd die Een wees aan wie ons ons hoogste lojaliteit moet betoon — alles anders vloei vanuit Hom voort.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Temptations - Lessons From Jesus’ Life

Versoekings is oral om ons. Misleiding kom op die mees subtiele maniere na ons toe. Hoe kan ons dit oorkom? Watter hulpmiddels gee die Bybel vir ons om waaksaam teenoor die bose te wees? In hierdie vier-dag leesplan gaan...

More

Ons wil graag vir Kethose Jacob Cheriyan, Spreker & Afrigter RZIM Indië en RZIM Indië bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://rzimindia.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid