Leesplan inligting

Oorkom Versoekings — Lesse Uit Jesus se LeweVoorbeeld

Overcoming Temptations - Lessons From Jesus’ Life

DAG 1 VAN 4

'n Kort Inleiding Tot Jesus se Versoekings 



Versoekings is oral om ons. Baie keer is daar dinge of mense in ons lewens wat probeer om ons te mislei en ons laat wegbeweeg van wat God wil hê ons moet doen. Dit is gewoonlik so subtiel dat ons skaars daarvan bewus is. Dit gebeur wanneer ons dit die minste verwag, wanneer ons die minste daarop voorbereid is. Wanneer dit dan kom, word ons onkant betrap. 



C.S. Lewis gee vir ons in sy boek Screw Tape Letters twee kategorieë waarin die meeste Christene val. Een groep oorbeklemtoon die werk van die duiwel en maak asof hy die oorsaak is van alles wat gebeur. Van kopsere tot koors, van leuens tot verneuk, alles is die werk van die duiwel. Die ander groep Christene erken nie die bose nie. Hulle leef hulle lewens asof hy nie bestaan nie, en indien hy bestaan, glo hulle hy het geen toepaslikheid in enige van hulle situasies nie. Albei kategorieë, sê Lewis, is verkeerd. Wysheid gee ons die vermoë om die werk van die bose te erken en om te onderskei hoe en hoekom versoekings oor ons kom.



In die versoekings van Jesus Christus sien ons dat Hy nie die mag van die duiwel oorbeklemtoon nie, maar ontken dit ook nie heeltemal nie. Hy gee genoegsame antwoorde aan elk van sy versoekings en gebruik die Skrif om Hom te verdedig teen die aanvalle van die duiwel. 



Baie keer beskou ons Jesus se versoekings as onbeduidend deur te dink omdat Hy God is, moes dit nie vir Hom baie moeilik gewees het nie. Ons is onder die indruk dat omdat Hy God is, kan Hy alles baie maklik doen. Dit verwerp egter wat Christus gedoen het en verklein Hom tot 'n blote towenaar. Wanneer ons ook al oor die versoekings van Christus in die evangelies lees, moet ons verstaan dat Hy 'n mens was en die versoekings as 'n mens in die gesig moes staar. Die versoekings was werklik en uiters moeilik om te oorkom. Ons grootste reddende hoop is egter dat Hy hulle wel oorkom het. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Temptations - Lessons From Jesus’ Life

Versoekings is oral om ons. Misleiding kom op die mees subtiele maniere na ons toe. Hoe kan ons dit oorkom? Watter hulpmiddels gee die Bybel vir ons om waaksaam teenoor die bose te wees? In hierdie vier-dag leesplan gaan...

More

Ons wil graag vir Kethose Jacob Cheriyan, Spreker & Afrigter RZIM Indië en RZIM Indië bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://rzimindia.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid