Leesplan inligting

Spreek LeweVoorbeeld

Speak Life

DAG 5 VAN 5

Om lewegewende woorde te sê, wys dat jy op beter dae hoop. Om positiewe woorde in jou lewe te sê terwyl jy deur onrus gaan, is om te bely dat jou God en jou geloof sterker as enige van jou probleme of jou omstandighede is. Teen alle verwagtinge, swaarkry en bekommernisse in, moet jy in jou geloof volhard. As jy lewegewende woorde kan sê terwyl die wêreld dood en vernietiging skreeu, dan sal jy daardeur kom. Jy sal dwarsdeur die storm staande bly.



Die vuur binne-in jou moet helderder brand as die vuur om jou.


Ek uiter lewegewende woorde, want ek is gesalf.


Ek is bemagtig.


Ek is toegerus.


Ek is geroepe.


Ek is kreatief.


Omdat ek uitermate geseënd is. Die Heilige Gees woon in my.



Dit lyk eenvoudig, maar daar is krag in jou woorde. 'n Verandering van jou siening word 'n verandering in jou ingesteldheid. 'n Verandering in jou ingesteldheid word 'n verandering in jou lewensuitkyk.



'n Verandering in jou lewensuitkyk, kan lei tot 'n verandering in hoe dinge UITWERK!



Wanneer dinge moeilik raak, moet jy net jou Bybel oopmaak. Om die Woord te lees, kan jou herinner aan die pad waarop God wil hê jy moet loop. Om lewegewende woorde te lees, sal daartoe lei dat jy lewegewende woorde sê. Nadat jy gelees en die Woord oordink het, is dit belangrik om dit hardop met ander te deel sodat hulle dit kan hoor. Daarom is dit ook noodsaaklik dat jou woorde van geloof sal getuig ... jou lewegewende woorde!



Dit is die enigste manier waarop ons as gelowiges en volgelinge van Christus ooit kan hoop om mense na die Here te bring.



Ek moedig jou aan om met 'n nuwe lewensbeskouing na jou omgewing en omstandighede te kyk. Laat dit van positiwiteit en vordering getuig. Laat dit LEWE oor die dood spreek!



1. Hoe het dit jou in die verlede gehelp om lewegewende woorde in moeilike tye te sê?


2. Kan jy aan geleenthede in die Bybel dink waar die krag van lewegewende woorde voorgekom het?



Om met David Villa kontak te maak, Klik Hier!


Om in te teken op David se Potgooi, Klik Hier!


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Speak Life

Die lewe self bestaan uit keuses. Die keuses wat ons maak kan ons op baie verskillende paaie lei. Om die pad te volg wat God voor ons gestel het, is dit vir ons belangrik om lewegewende woorde eerder as dood en vernietig...

More

Ons wil graag David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid