Leesplan inligting

Spreek LeweVoorbeeld

Speak Life

DAG 4 VAN 5

Die betekenis van die begrip om lewegewende woorde te sê, is dat jy ware krag het. Godgegewe krag. Met 'n vrye wil kom ook beide verantwoordelikheid en krag. Jy het in jouself die krag om jou lotsbestemming met jou woorde te vorm. Gebruik dus jou woorde om die rigting waarin jou lewe gaan, profeties te bepaal. Indien jy behoort te verander, moet jy so sê! Jy is gebore om al jou gawes en talente te vermeerder. Jy is geskep om uit te staan, nie om op dieselfde plek te bly nie. 



God wil vordering en vooruitgang vir jou hê, nie om te stagneer nie. Jy is gebore om bo alles uit te styg, nie om na benede te sink nie!



Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie; die Bybel sê ook dat ons deur geloof moet wandel, nie deur te sien nie. Al is jy van jou sintuie ontneem, sal jou geloof jou toelaat om voort te gaan. Net omdat jy nie nou sien nie, beteken nie dat dinge nie later in vervulling sal gaan nie.



Dit verg geloof net so groot soos 'n mosterdsaadjie en baie harde werk, maar God sal jou altyd deurhelp.



Ek glo om lewegewende woorde uit te spreek ten volle van jou ingesteldheid afhang. Jy kan nie altyd jou omstandighede en omgewing beheer nie. Slegte dinge gebeur soms met goeie mense. Jy kan egter jou ingesteldheid oor jou omstandighede beheer. Jou ingesteldheid sal óf 'n bate óf 'n las wees. Daar is niks tussenin nie.



Spreek dus lewe. Laat jou ingesteldheid jou geloof weerspieël. 



In elke faset van die lewe, is ingesteldheid die sleutel. Die ingesteldheid waarmee jy vandag die kantoor binnestap, sal jou suksesvlak vir môre bepaal. Die ingesteldheid wat jy teenoor skoolwerk, take, jou loopbaan, jou lewensmaat of gedurende moeilike tye het, sal óf 'n positiewe óf negatiewe rol in jou lewe speel.



'n Ingesteldheid het nie woorde nodig nie. Jy hoef nie noodwendig jou menings of frustrasies te op te noem om ander van jou ingesteldheid bewus te maak nie. 'n Ingesteldheid kan nie net jou denke beïnvloed nie, maar kan ook die denke van diegene om jou aansteek. Dit word aangevoel sonder dat jy iets hoef te sê. Mense wat die dood of vernietiging uitspreek, het dit lankal reeds gesê voordat hulle hul monde oopgemaak het.




  1. Wat is jy deesdae jou ingesteldheid? Oor jou werk? Oor jou lewe?

     

  2. Wat kan jy probeer doen om 'n beter ingesteldheid teenoor swaarkry te hê?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Speak Life

Die lewe self bestaan uit keuses. Die keuses wat ons maak kan ons op baie verskillende paaie lei. Om die pad te volg wat God voor ons gestel het, is dit vir ons belangrik om lewegewende woorde eerder as dood en vernietig...

More

Ons wil graag David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid