Leesplan inligting

Spreek LeweVoorbeeld

Speak Life

DAG 2 VAN 5

Spreek lewe is presies dit ... OM TE PRAAT!



Jy kan nie tussen die twee wees nie. Wanneer dit daarby kom om lewegewende woorde met ander te deel, is daar geen plek om op die draad te sit nie. 



Net omdat jy nie dood of vernietigende woorde uitspreek nie, beteken nie dat jy outomaties lewegewende woord uitspreek nie. Dit is 'n begrip wat vir my nogal tyd geneem het om ten volle te verstaan. Soos ons vantevore daaroor gepraat het, is die uitspreek van lewegewende woorde nie net vir jouself nie. Dit kan almal om jou positief beïnvloed. Wanneer jy dit bekend maak wat jy van plan is om te doen, sal mense daarna luister. Wanneer jy dit met oorgawe glo, sal diegene wat nie die Here ken nie dalk belangstel om te luister.



Jou woorde dra vrug, of jy lewegewende woorde of woorde van dood en vernietiging uitspreek. As jy besluit om nie een van die twee te kies nie, sal jy 'n vrugtelose tydperk beleef.



Jy moet jou doel duidelik uitspel. Die Bybel sê ons moet ondubbelsinnig oor ons bedoelings wees. Dit is belangrik om dit wat jy nastreef nie net in jou gedagtes voor te stel nie, maar om dit openlik te bely. Dit is nie: “ek hoop om eendag my eie huis te hê nie.” Dit is: "Eendag SAL ek my eie huis hê.”



Wanneer jy dit VERKLAAR, en jy maak die keuse om dit as 'n feit te stel, sal dit so gebeur. Wanneer jy dit doen, sal dit ook aan jou gedoen word!



Wanneer jy lewegewende woorde uit die Woord van God gebruik, dan praat jy nie vanuit jou eie gesag nie. Jy praat direk vanuit die Vader se gesag. Sy Woord gaan die wêreld in. Jy is slegs die boodskapper, Hy is die skrywer.



Dit klink so eenvoudig, maar dit is waar: daar is krag in jou woorde. Woorde kan seermaak, skade aanrig en ontmoedig. Woorde kan egter ook heelmaak, herstel en bemoedig. Dit hang alles van jou af. Die woorde wat jy aan jouself sê, en die woorde wat jy aan diegene om jou sê, kan 'n direkte invloed op jou lewe hê. Dit kan goed of sleg wees; dit hang af van wat jy besluit. Deur lewegewende woorde uit die Woord van God met ander te deel, is 'n besluit wat jy neem om 'n positiewe impak te maak.




  1. Spreek jy lewe of dood oor jou situasie?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Speak Life

Die lewe self bestaan uit keuses. Die keuses wat ons maak kan ons op baie verskillende paaie lei. Om die pad te volg wat God voor ons gestel het, is dit vir ons belangrik om lewegewende woorde eerder as dood en vernietig...

More

Ons wil graag David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid