Leesplan inligting

Spreek LeweVoorbeeld

Speak Life

DAG 3 VAN 5

Net soos 'n boer wat nie vrugte kan pluk waar hy blomme geplant het nie, kan jy nie maai wat jy nog nie gesaai het nie. Indien jy slegte sade saai, dan sal jy slegte sade maai. In baie opsigte gaan die lewe oor gee en neem. Wanneer jy nie lewegewende woorde uitspreek nie, of nog erger, wanneer jy woorde van dood en vernietiging uitspreek, dan is dood al wat jy kan verwag om te ontvang.



Daar was tye in my lewe wat ek nie lewegewende woorde uitgespreek het nie. Tye waarin ek té lank té negatief was. Tye waarin ek die ergste verwag het in plaas daarvan om die beste te verwag. Selfs tye wat ek gevoel het dat my agenda, of my planne meer saak maak as God se planne! Die resultaat was, wat ek “misrabele denke” noem, en het daartoe gelei dat ek onnodige spanning op myself geplaas het. Probleme sou opduik wat dalk nie sou nie indien ek die besluit geneem het om positief te bly.



Pastoor Charles R. Swindoll het eenkeer gesê dat 10% van die lewe is wat met jou gebeur en 90% is hoe jy daarop reageer. Daar is 'n paar dinge wat ons aktief kan beheer. Ons reaksie op 'n situasie waarin ons is, is een daarvan.



Ek glo dat die ware toets vir 'n Christen nie is waar jou geloof lê wanneer dinge goed gaan nie. Dit is wanneer jy deur swaarkry gaan wat jou geloof getoets word. Om lewegewende woorde uit te spreek is maklik wanneer die lewe goed gaan. Om egter aan innerlike vrede vas te hou te midde van uiterlike onrus, is moeilik. 



Gedurende tye van swaarkry, is my beste raad aan jou om die oudste selfhelpboek te lees — die Bybel. Deur die Bybel te lees, help dit om myself te herinner wat God sê oor die uitspreek van lewegewende woorde. Die mag van lewe en dood lê in die tong. Praat asof jou woorde sade is wat jy saai.




  1. Hoe kan jy meer positief reageer op kwessies of gebeurtenisse wat plaasvind?

     

  2. Wat kan jy doen om gefokus te bly wanneer jy begin om jou geloof te verloor of om te vergeet wat God vir jou beplan?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Speak Life

Die lewe self bestaan uit keuses. Die keuses wat ons maak kan ons op baie verskillende paaie lei. Om die pad te volg wat God voor ons gestel het, is dit vir ons belangrik om lewegewende woorde eerder as dood en vernietig...

More

Ons wil graag David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid