Leesplan inligting

Spreek LeweVoorbeeld

Speak Life

DAG 1 VAN 5

Die mag wat jou lewenshouding op jou het, kan nie oorskat word nie. Dit sal die katalisator vir jou sukses en ook vir jou terugslae wees.



Om jou ingesteldheid te kies, begin deur jou woorde te kies. Dit begin met die besluit om eerder lewegewende woorde oor dood uit te spreek.



Om ander met lewegewende woorde te bedien, is iets waarvan ek en jy albei al baie gehoor het. Dit is ook een van daardie dinge wat makliker gesê as gedoen word. Wanneer dinge goed gaan, kan dit maklik wees om lewegewende woorde uit die Woord van God met ander te deel. Wanneer jy egter deur 'n moeilike tyd gaan, is dit nie meer so maklik nie.



Ek dink dat om lewegewende woorde met nader te deel, is 'n idee wat dikwels misverstaan word.



Om lewegewende woorde te uiter gaan daaroor om te wéét en te verwóórd dat alles goed sal verloop ten spyte van jou omstandighede. Dit kom daarop neer om ander toe te laat om die woorde van God te hoor wat uit jou mond kom. Dit beteken ek glo, ongeag hoe ek voel, dat God in beheer is. Om die Vader se lewegewende woorde met ander te deel, is om te strewe na positiwiteit — nie net omdat jy dit in 'n selfhelpboek gelees het nie, maar omdat jy weet dat God uiteindelik sal seëvier. 



Om lewegewende woorde te sê, is belangrik. Nie net vir jouself nie, maar ook vir diegene om jou. As Christene is ons mense wat oor weerstandsvermoë beskik. Gedurende enige teëspoed of probleme, het ons innerlike vrede as gevolg van ons geloof. Ongelukkig is dit nie noodwendig die geval met almal om jou nie. Die enigste manier hoe ons ander na Jesus Christus toe kan lei, is deur ons besluit om sy onderrig met ander te deel. Wanneer jy 'n geleentheid kry om die Woord van God met ander te deel, moet jy dit gebruik. Jy sal nooit weet hoe nodig hulle dit mag hê nie. 



Partykeer moet ons lewegewende woorde met ander deel sonder om enigiets te sien gebeur. Daar is krag om in geloof op te tree. Wanneer ons in geloof optree, kan ons sien hoe die dinge wat ons wil hê in vervulling gaan.



As jy dit glo, sal jy dit sien gebeur. Indien jy jou doel nastreef, dan sal jy dit bereik. Wanneer dinge moeilik raak, wil ek jou aanmoedig om voort te gaan om lewegewende woorde te deel; en te onthou wat God vir jou beplan.



1. Waaroor moet jy nou lewegewende woorde uitspreek?



David Villa is die skrywer van "Lead Or Be Lunch”, "GRIND: Get Ready It's a New Day", "BRANDED: Leave a Mark", en stigter van iPD, 'n Christen gebaseerde Bemarking, Media en Opleiding maatskappy. Vir meer inhoud van David, volg hom op Twitter @ipdmail en op Facebook soek "OfficialDavidVilla".


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Speak Life

Die lewe self bestaan uit keuses. Die keuses wat ons maak kan ons op baie verskillende paaie lei. Om die pad te volg wat God voor ons gestel het, is dit vir ons belangrik om lewegewende woorde eerder as dood en vernietig...

More

Ons wil graag David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid