Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 12 VAN 280

KRAG VAN DIE HEILIGE GEES

Ouerskap is 'n moeilike taak, maar ons het die perfekte Helper wat ons lei. Met ons redding is ons gevul met die bron van wysheid — die Heilige Gees. 'n Volwasse Christen weet dat die "Gees van God", eerder as die "gees van die wêreld", die regte antwoord sal verskaf as hy moeilike besluite moet maak, straf moet uitdeel of empatie moet betoon. Dit is onmoontlik op eie stoom. As ons eers die Heilige Gees raadpleeg voor ons ons kinders aanspreek, kan ons met God se wysheid praat in plaas van "menslike wysheid".

Die beste gidse vir ouerskap is die Heilige Gees en gebed.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com