Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 14 VAN 280

SWAKHEID VERSUS KRAG

Die wêreld se definisie van "krag" verskil van God s'n. Ons kultuur dink jy het krag as jy geld, mag, skoonheid of roem het. Ons en ons kinders word oorlaai met beelde deur die media wat 'n suksesvolle persoon voorstel as iemand met al hierdie kenmerke.

Hierdie kenmerke is geensins vir Christus van belang nie. Hy het gekom om te dien en nie bedien te word nie. Hy het sy lewe vir ons gegee. Die Korintiërs het nie hierdie soort krag verstaan nie. Ek wonder of ons veel van hulle verskil.

Lees die bergrede (Matteus 5 tot 7). Hier lees ons wie die eintlike sterk persone is — hulle wat nie op hulle eie krag staatmaak nie, maar op God vertrou om vir hulle die krag te gee.

Leer vir jou kinders wat God se idee van 'n sterk persoon is — een wat homself oorgee.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com