Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 54 VAN 280

RENTMEESTERSKAP

Josef was 'n goeie rentmeester. Hy het niks in Potifar se huis besit nie, nogtans was hy aangestel as die bestuurder van alles. Josef het nie Potifar se besittings toegeëien nie, maar hy het dit goed bestuur omdat hy geweet het hy sou eendag daarvoor verantwoording moes doen.

Moet nooit vergeet dat jy net jou kinders se rentmeester en nie hulle eienaar is nie. Hulle behoort aan God, maar Hy vertrou jou om vir hulle te sorg en toe te sien dat hulle groei. Hoe kan hierdie perspektief jou manier van ouerskap beïnvloed?

Kinders behoort aan God en jy is God se rentmeester oor hulle.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com