Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

OM TE KEN EN GEKEN TE WORD
Wat wil ons vir ons kinders hê? Soms wil ons hê dat hulle suksesse hulle sal help om aanvaar te word in hulle drukgroep. Dit voel goed om 'n ouer te wees van 'n kind wat bo-gemiddeld presteer. As ons aanvaarding soek deur hulle suksesse, soek ons eintlik wat aan hulle behoort. In plaas van hulle suksesse, moet ons in hulle belangstel. Ons welstand is nie ons kinders se verantwoordelikheid nie; ons is verantwoordelik vir hulle welstand.
Dink na oor die verhouding tussen jou en jou hemelse Vader. God wil nie jou welslae hê nie; Hy wil net vir jou hê. Ons beste beloning is dat God ons wil ken ten spyte van ons foute en mislukkings (Matteus 7:23). Dis nie anders wat ons kinders betref nie. Hulle wil weet dat hulle aanvaar word vir wie hulle is en dat hulle vermoë om te presteer, of nie, geen verskil maak aan jou liefde vir hulle nie. In jou rol as ouer moet jy God se liefde demonstreer.
Wees lief vir jou kinders net soos God hulle gemaak het.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com