Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 59 VAN 280

WEES 'N GOEIE VOORBEELD

Kinders leer die meeste van die belangrikste lesse in hulle lewens wanneer hulle die invloedrykste mense in hulle lewens, hulle ouers, dophou. Hulle leer deur te kyk hoe jy in goeie en slegte tye optree. Wanneer jy in die slegte tye met woede, bespotting, veroordeling, selfsugtigheid, ens. optree, sal jy ook 'n geleentheid kry om nederigheid te demonstreer wat voortvloei uit belydenis en bekering, en die genade en barmhartigheid wat 'n kind van God ontvang.

Jou kinders sal sien dat jy nie perfek is nie. Hopelik sal hulle die bron van perfeksie soek op die enigste plek waar hulle dit kan vind; by God. Jy kan aan jou kinders demonstreer hoe jy jou onvolmaakthede met 'n dankbare hart aan God kan gee, met die wete dat sy genade en barmhartigheid jou sal reinig. Dit is 'n praktiese manier waarop jy die evangelieboodskap aan jou kinders kan oordra!

Jy moet 'n voorbeeld wees van God se geduld, barmhartigheid en genade. Jou kinders hou jou dop.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com