Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

VERHALE VAN GELOOF
Ons vergeet so gou op hoeveel maniere God al aan ons getrou was. Ons aandag word afgelei, ons word selfversorgend of ons fokus op 'n nuwe probleem. God weet hoe mense is. Hy vra dus dat ons sy seëninge nooit moet vergeet nie. Hy is so ernstig daaroor dat Hy ons opdrag gee om hierdie verhale aan ons kinders te vertel. Kinders leer deur voorbeelde. As 'n ouer 'n voorbeeld stel van ware geloof, het dit 'n groot invloed op hulle kinders.
Efesiërs 6:16 praat van die skild van geloof wat ons moet hê om onsself teen die Bose te beskerm. Jou gesin se skild van geloof kan bestaan uit verhale van God se getrouheid en voorsiening.
Bring tyd deur om vir jou kinders te vertel op hoeveel maniere God julle al geseën het. Dit is 'n bevestiging vir jou en 'n voorbeeld vir hulle.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com