Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 43 VAN 280

NEDERIGHEID

Daar is min dinge wat 'n mens se pad saam met God so kan kniehalter soos trots. Baie mense beweer dat hulle afhanklik is van Hom, maar leef 'n lewe wat net op hul eie vermoëns staatmaak. Die manier waarop ons op ons prestasies én ons teleurstellings reageer, is 'n kragtige getuienis vir ons kinders.

As jou selfwaarde aan jou sukses gekoppel is, sal jy krediet wil aanvaar vir die positiewe uitslae. Resultate is egter net van God afhanklik. In sy soewereine wysheid gebruik Hy goeie én slegte ervarings om sy plan te bewerkstellig. Wanneer ons dit verstaan, het ons 'n beter perspektief op sukses en mislukking. Ons talente is gawes van God. Hy wil hê ons moet dit vir sy glorie gebruik, maar die uitkoms aan Hom oorlaat.

Gebruik jou suksesse en mislukkings om vir jou kinders nederigheid te demonstreer.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com