Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

PRAAT OOR GOD
Is God deel van jou alledaagse gesprekke met jou kinders? Of voel geestelike gesprekke geforseerd en ongemaklik? Dit wat vir ons werklik saak maak, sal in ons tyd, ons geld en in ons woorde reflekteer. Is jou passie vir God so ooglopend soos jou passie vir sport, goeie eksamenuitslae of vakansies? As ons God se wysheid oomblik-vir-oomblik, saamrygeleentheid-vir-saamrygeleentheid en ontbyt-vir-ontbyt deel, sal die lesse in die Bybel vir ons 'n werklikheid word. Daar is baie geleenthede in 'n mens se lewe om die waarheid van die Woord van God te illustreer. Wanneer ons wys dat Hy relevant en noodsaaklik is vir ons alledaagse lewens, moedig ons ons kinders aan om hierdie waarheid ook in hulle harte te bewaar.
Wys jou liefde vir God deur met jou kinders oor sy invloed in jou lewe te praat.

Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com