Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 38 VAN 280

GOEIE GRENSE

Die wette wat aan die Israeliete gegee is mag te veel en oorbodig klink vir ons. God se vereistes het alles ingesluit; van priesterlike pligte tot velsorg! Dit was egter nie 'n voorbeeld van totale beheer nie. Die Israelitiese gemeenskap het met 'n reis in die wildernis begin en God het geweet watter slaggate en versoekings vir hulle voorlê. Hierdie reëls was 'n bewys van sy liefde en genade om hulle te help om 'n suksesvolle volk te wees.

Net so weet ons watter slaggate vir ons kinders op hulle reis na volwassenheid wag. Ons stel grense omdat ons hulle liefhet en wil beskerm. Ons weet dat hulle nog nie volwasse genoeg is of die wysheid het om vir hulself grense te stel nie. As dit vir jou moeilik is om konstant grense te stel, dink aan God se voorbeeld met die Israeliete. Duidelike grense wys dat jy lief is vir jou kinders en skep vir hulle 'n veilige heenkome.

Goeie grense wys vir jou kinders dat jy hulle liefhet.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com