Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WEES STIL
Die Israeliete was vreesbevange toe hulle vasgevang was tussen die see aan die een kant en die aankomende Egiptenare aan die ander kant. Net Moses het kalm gebly en die mense aangemoedig om nie bang te wees nie. Hy het hulle uitgedaag om stil te wees en die Here toe te laat om namens hulle te veg.
Terwyl ons ons kinders grootmaak, sal ons ook situasies teëkom wat vreesaanjaend is. As ons nie 'n vaste fondament van geloof het nie, kan ons oorval word met vrees en in die versoeking kom om oorhaastig op te tree. God vra ons om eerder te wag en sy leiding te soek. Hy herinner ons daaraan dat Hy vir ons veg. Dit veronderstel dus dat ons op God se wysheid in plaas van ons eie staatmaak. Soms is die moeilikste ding om te doen, om stil te wees.
Soek eerder God se leiding voordat jy in moeilike situasies in jou ouerskapreis optree. Laat Hom toe om die werk te doen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com