Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GEE OOR
Ons plaas baie druk op onsself om "suksesvolle" kinders groot te maak. Ons hoef dit nie te bevraagteken dat ouerskap baie harde werk is nie. Wat is egter ons rol in hierdie proses? In 1 Korintiërs 3:6-7 verduidelik Paulus die rol van iemand wat ander leer. Ons glo dit is ook op 'n gesin van toepassing.
Ouers is God se verteenwoordigers in die gesin en hulle rol is uiters belangrik. Ons moet egter die resultate aan God oorlaat, want Hy is die Een wat "die groei laat plaasvind." Hy sal ons kinders help om na sy beeld te groei. Dit is moeilik om ons kinders en ons planne vir hulle in God se hande te plaas. God se wil is dat hulle minder afhanklik van ons raak en meer op Hom vertrou.
Ons kan ons kinders nie dwing om godvresend te wees nie, maar ons kan 'n goeie voorbeeld van Christenouers stel. Gebruik jou kind se ondervindinge en jou voorbeelde om ruimte toe te laat vir ontdekking. So saai jy en gee water in jou kinders se lewens. Laat dan die resultate aan God oor.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com