God se HartklopVoorbeeld

HY WAT EWIG LEWE
Daniël 7:9-10
O Vader, U is Hy wat ewig lewe! Deur die oë van Daniël: U klere is wit soos sneeu en u hare soos skoon wol. U troon is omring met vuurvlamme, met wiele van vuur. U is die Here wat liefdevolle goedhartigheid, geregtigheid en regverdigheid op die aarde uitoefen; want hierde dinge verheug U. In u liefdevolle goedhartigheid het U my gesoek, gered, en nou sing U vir my! In u geregtigheid sien U alle dinge, ken U alles en sal U alle mense oordeel. In u geregtigheid verlos, reinig en vervolmaak U! Dierbare liewe Jesus, as gevolg van U kan ek nou regop staan voor Hom wat ewig lewe! U is deurboor oor my oortredinge; U is verbrysel oor my sondes. O Vader, ek dank U; en ek is baie bly dat my naam in die boek van die lewe geskryf is!
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More