Leesplan inligting

OorlogvoeringVoorbeeld

Warfare

DAG 3 VAN 5

Indien die oorsprong van jou probleem in hemelse plekke is, moet jou oplossing ook 'n hemelse oorsprong hê. Die meeste mense het net 'n vae bewustheid van engele omdat hulle nie deel van ons fisieke wêreld vorm nie. Ons moet egter verstaan dat God se engele en die demone uit die hel, die krygers in die kosmiese oorlog tussen God en die Satan is. 


Wanneer gelowiges sê dat hulle deur die duiwel aangeval word, bedoel hulle dat hulle deur sy voetsoldate geteister word. Die Satan is maar 'n beperkte wese, net soos alle ander geskapenes. Hy is nie oral teenwoordig, alwetend of almagtig nie. Die Satan is nie God nie, maar het 'n leër van bose engele, wat demone genoem word, en wat hy in sy geestelike aanvalle gebruik. Alles wat uit die hel teen jou gebruik kan word, ontstaan uit sataniese aksies in dieselfde gebied waarin God funksioneer, wat hemelse plekke genoem word.


Ek en jy is nie opgewasse teen die krag en misleiding van die Satan en sy weermag nie. Ons het die krag van God nodig om ons teen die Satan se aanvalle te beveilig en uiteindelik te oorkom. Ons moet dankbaar wees dat God sy troon in hemelse plekke gevestig het en sy koninkryk teen die koninkryk van die duisternis opstel. Die koninkryk van die duisternis het sy eie koning, die Satan, en hy wil oor die heelal heers. Ten opsigte van die heelal, is daar geen twyfel dat God se koninkryk en sy Koning, Jesus Christus, ten volle in beheer is nie. Jesus se ewige oorwinning is ook reeds verseker. Nogtans laat God ons toe om in ons eie lewens te kies wie oor ons moet heers.


In Openbaring 12 word uitgebeeld hoe 'n dag van hierdie onsigbare oorlogvoering in hemelse plekke, ook in sigbare vorm sal uitbreek. In vers sewe sien ons wie die vyand in hierdie konflik is: 


"Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer." 

Die aartsengel, Migael, en die heilige engele, veg teen die Satan en die engele wat saam met hom rebelleer het. Dit is 'n oorlog van engele, maar hulle veg oor die aarde. Dit is hoekom die hemelse oorlog 'n direkte uitwerking het op dit wat op aarde gebeur. 


Ons is midde in 'n konflik tussen engele, 'n sataniese rebellie, waarin die Satan probeer om die hele wêreld onder sy bewind te kry. Dit beteken dat wanneer jy wedergebore word in God se koninkryk, jy in 'n oorlog gebore word. 


Jy is dus as 'n kryger gebore. 


Jy word deur geestelike vyande omring, maar die geveg gaan nie oor grond of iets fisiek nie. Dis 'n kosmiese geveg om eer.


Die vraag is dus: Wie gaan die eer in die heelal kry? Wie gaan aanbid word? Wie gaan bekendheid verwerf? Wie gaan die beslissende stem hê?


In werklikheid het die Satan vir God gesê: "U kan nie al die eer in die skepping hê nie. Ek wil ook self daarvan hê." 


Wat was God se reaksie? "Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie" (Jesaja 48:11). 


Natuurlik het die Satan nie van hierdie antwoord gehou nie, dus stel hy hom daarop in om te steel wat nie na regte syne is nie — eer. Die oorlog gaan om eer. As jy dit verstaan, is die geveg half gewonne. Dit is ook hoekom Paulus vir ons sê: "... wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God" (1 Korintiërs 10:31; sien ook Kolossense 3:23). 


Eer — dit is waaroor die geveg gaan.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Warfare

In geestelike oorlogvoering veg jy nie vir die oorwinning nie — jy veg vanaf oorwinning. Verkry nuttige insigte oor die geestelike stryd waarmee ons almal gekonfronteer word: Oorlogvoering. Hierdie insiggewende leesplan ...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Warfare-Winning-Spiritual-Tony-Evans/dp/0802418171/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1531756625&sr=8-1&keywords=warfare+Tony+evans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid