Leesplan inligting

OorlogvoeringVoorbeeld

Warfare

DAG 2 VAN 5

In wese is die oorlogvoering waarvan ons praat, geestelik. Omdat hierdie oorlogvoering in die eerste plek geestelik en nie fisiek is nie, word die mate waarmee ons suksesvol sal wees, bepaal deur die mate waarmee ons bereid is om die stryd op 'n geestelike vlak te verstaan en te voer. Al vind die geestelike oorlogvoering in die onsigbare, geestelike gebied plaas, word dit in die sigbare en fisieke geopenbaar. Die geestelike oorlogvoering is dus 'n stryd tussen die onsigbare engelemagte wat 'n direkte invloed op jou en my het. Ons kan nie die oorsaak van die oorlog sien nie, maar sien wel die uitwerking — die soort probleme wat hierbo genoem is — heeltyd en daagliks.



Dit is moeilik genoeg om te veg teen 'n vyand wat jy kan sien. Dit is egter nog moeiliker om teen iemand te veg wat jy nie kan sien nie. Alles wat jy in die sigbare, fisieke gebied doen, word eintlik veroorsaak, word uitgedaag, of minstens beïnvloed deur iets in die onsigbare, geestelike gebied. Jou vyf sintuie vorm nie die grens van die werklikheid nie, en totdat ons die geestelike kern van die probleem aanspreek, sal ons nooit die fisieke uitwerking daarvan kan oplos nie.



Jou fisieke sintuie is nie net beperk nie, maar dit is dikwels van min waarde in geestelike oorlogvoering. Dit beteken dus, as jy 'n suksesvolle geestelike oorlog gaan voer, jy 'n "sesde sintuig" — 'n skerp bewustheid van die geestelike gebied, nodig het. Om dus geestelike oorlogvoering te verstaan, moet ons dit deur die lens van die gees aanspreek, met die hulp van die Heilige Gees.


Die Ligging van die Geveg


Waar in die heelal vind hierdie groot oorlog, genaamd geestelike oorlogvoering, plaas? Paulus sê ons stryd is "... teen elke bose gees in die lug" (Efesiërs 6:12), wat beteken dat dit op geestelik gebied plaasvind. In die Bybel verwys die woord hemel na drie vlakke van bestaan (sien 2 Korintiërs 12:2). Die eerste hemel is die atmosfeer wat die aarde omring, die omgewing waarin ons lewe. Die tweede hemel, is wat bekend is as die buitenste ruimte, waar die sterrestelsels en planete bestaan. Dit is dan ook waar die engele funksioneer, want in die Bybel word dikwels na engele as sterre verwys (Job 38:7). Wanneer jy snags na die sterre kyk, moet dit jou herinner aan die geestelike wesens, engele, en die werklikheid van die oorlogvoering waarin hulle gewikkel is. Die derde hemel is waar God se troonkamer is, die plek waaraan ons gewoonlik dink wanneer ons die woord hemel hoor. Dit is ook hierdie hemel waarna die Bybel die meeste verwys. Inderwaarheid is die derde hemel 'n uiters besige plek, want dit is die beheersentrum van die heelal.



In die boek Efesiërs alleen, vind ons menige verwysings na hemelse plekke, bo en behalwe dié in hoofstuk 6:12. As ons hierdie gedeeltes verstaan, help dit ons om die hemelse plekke te ontgin en dus geestelike oorlogvoering in oorwinning te voer. 



Efesiërs 1:3 sê: "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is." Volgens hierdie vers, woon God in die hemel en is alle geestelike seëninge ook daar. Hierdie dinge is belangrik, want as jy in 'n geestelike oorlog gewikkel is, en hulp met oorwinning nodig het, kom dit van God die Vader wat in die hemel is. As jy egter nie weet hoe om toegang tot hemelse plekke te verkry nie, sal jy ook nie weet hoe om toegang tot die hemelse hulp te verkry, wat jy nodig het om die stryd op aarde te wen nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Warfare

In geestelike oorlogvoering veg jy nie vir die oorwinning nie — jy veg vanaf oorwinning. Verkry nuttige insigte oor die geestelike stryd waarmee ons almal gekonfronteer word: Oorlogvoering. Hierdie insiggewende leesplan ...

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.amazon.com/Warfare-Winning-Spiritual-Tony-Evans/dp/0802418171/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1531756625&sr=8-1&keywords=warfare+Tony+evans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid