Leesplan inligting

Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel BookerVoorbeeld

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

DAG 6 VAN 7

Dag Ses


'n Asemrowende Belofte


Skrifgedeelte: Matteus 1:23





Ek en my man het die dogtertjie wat ek met die miskraam verloor het, die naam Scalett Grace gegee. Scarlett was vir die pyn, die lyding, die lewe wat uitgeloop het, gemeng met die hoop vir opstanding. Grace was vir moontlikheid en doel — die asemrowende versekering dat ons God in ons lyding kan vind. God se belofte aan ons is nie dat slegte goed nié sal gebeur nie, dit is dat Hy deur alles by ons is — Immanuel, God by ons. 



Ons het begin om dit in te sien. 



Die pyn wat ons verduur het na ons Scarlett verloor het, het gate in ons teologie geopenbaar — hoofsaaklik, dat ons nie 'n teologie van lyding het nie. Ons was egter op pad na 'n dieper begrip dat wanneer lyding in ons nog-gebroke wêreld inkom — en dit sal — kan Hy ook daar gevind word.



Teoreties het ons dit verstaan, maar ons verbystering ten aanskoue van bodemlose pyn het ons gebrek aan praktiese toepassing daarvan bevestig. Eenvoudig gestel, ons het nie wat ons geglo het uitgeleef nie, omdat ons nooit die kans daarvoor gekry het nie. 



Alhoewel ons geweet het dat God nie die oorsaak van ons pyn was nie, het ek en Ryan net begin leer dat dieselfde ding wat die vyand van ons siele téén ons gebruik het, deur die verlossende hand van God herskep kon word. Hierdie wonderwerkende God was in die proses om ons verskriklike verlies te omskep in 'n uitnodiging tot 'n dieper lewe. Ons kon dit nog nie behoorlik onderskei nie, maar God was in die agtergrond, besig om iets nuuts voor te berei, soos Hy altyd doen, terwyl ons nog net donkerte, vormloosheid en leemtes gesien het.



Scarlett was besig om ons dieper te neem. Om egter daarheen te gaan, moes ons gewillig wees om die onbewustelike instink te oorkom om ons aandag af te lei of gevoelloos teenoor ons pyn te staan. Ons moes weerstand bied teen die impuls om van ons pyn weg te skram of teen ons gebrokenheid te veg. Ons moes die drang verwerp om te probeer uitwerk hoe om hierdie ervaring in 'n suksesverhaal te herskryf. Ons moes ingaan net soos ons is. 



Die skouspel van die hemel is dat dit in lae plekke ontstaan. Dit word bekendgemaak wanneer Jesus toegelaat word om die lewens van hulle wat weet hulle het hom nodig, binne te kom: 'n vrou wat in owerspel betrap is, 'n heethoofdige grootmond, 'n terroris, 'n dief, 'n desperate man en sy seun, 'n siek uitgeworpene … 'n moeder wat na 'n leë sonarskerm staar. Die hemel is nie bloot net 'n bestemming nie; dit is die Gees van God wat 'n verlossingsverhaal skryf, hier en nou.






Op watter maniere verander jou verlies, jou siening van God? Het jy al God se teenwoordigheid gevoel ("God by ons"), selfs terwyl jy gely het — hoekom of hoekom nie?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

Hierdie oordenking is 'n uitnodiging om te voel, te worstel, ten volle bewus te wees in jou lyding na 'n miskraam of ander verlies. Dit is ook 'n uitnodiging om gekoester en verstaan te word en om van ander vroue te hoor...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://adrielbooker.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid