Leesplan inligting

Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel BookerVoorbeeld

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

DAG 5 VAN 7

Dag Vyf


'n Uitnodiging om te Weeklaag


Skrifgedeelte: Psalm 130:1-2





Niks wat ek nog ooit ervaar het, het my al meer wanhopig gemaak vir hoop van die koninkryk wat kom as toe ek wydsbeen oor 'n toilet gestaan het, met lewe wat uit my baarmoeder bloei nie. Ek het nooit geweet ek kon soveel huil nie. Of soveel hoop hê nie. 



Terwyl ek oor my babas gerou het, moes ek die lied van weeklaag leer. Weeklaag is die taal van verdriet, gekleur met die hoop van bevryding. Dit was vir my nuut, ongemaklik en onbekend. Ek het grootgeword met liedere oor hoe ontsagwekkend God is, hoe my siel na hom verlang, hoe Jesus skyn, maar om uiting te gee aan sielepyn en gebrokenheid — dit moes ek in die donker leer met my arms oop, my kop vooroor geknik. 



Weeklaag is meer as net hartseer; weeklaag gee erkenning aan onreg wat in ons pyn vermeng is. Amper die helfte van die psalms is gewy aan weeklaag — beide maatskaplik en persoonlik — en tog is dit alles behalwe afwesig van ons netjiese Sondagoggend gesange. Ons is baie gemakliker om Jesus se oorwinning te vier as wat ons is vir die rede waarvoor ons dit nodig het. Wanneer lyding dus soos 'n vernietigende bal in ons huidige toestand inval — soos dit altyd gebeur — vang dit ons onkant. 



Weeklaag nooi ons na 'n beperkte ruimte. Die woord beperk word gekoppel aan die idee van 'n drumpel — 'n ruimte tussen wat was en wat sal wees. Dit beteken, om vorentoe te beweeg na iets nuuts, maar sonder om eers deur die tussen-in ruimte herskep te word. Beperkte ruimtes voel vreemd, want hulle is. 



Te midde van verdriet kan dit voel of jou bekende wêreld uitmekaar val en jy nog nie 'n kykie van die nuwe een gekry het nie. Jy mag die bewegings tot 'n nuwe soort geloof voel terwyl jy besef dat God se goedheid nie van jou omstandighede afhanklik is nie, of die meetstok wat jy gebruik wanneer die lewe ongemaklik raak nie. (Ek weet nie van jou nie, maar ek is soms skuldig daaraan om gunstige omstandighede te geniet en te verkondig: "Is God nie goed nie?!" terwyl ek vergeet om sy goedheid te verkondig as die lewe ontvou op maniere wat seermaak.) 



Dit is soos om te leer om jou oë onder die water oop te maak: Al weet jy dit is moontlik, voel jy aan die begin ongemaklik, skrikkerig en lomp. Hoe meer jy egter oefen, hoe natuurliker en meer bevrydend voel dit. Oë wyd oop vir God se goedheid — selfs te midde van verlies — verander hoe alle ander dinge ook lyk. 






Hoe sou weeklaag vandag in jou lewe lyk? Het jy al hierdie beperkte ruimte van weeklaag ondervind, asof jy tussen die lewe soos jy dit ken is en die lewe soos dit gaan wees? (Verduidelik.)





Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

Hierdie oordenking is 'n uitnodiging om te voel, te worstel, ten volle bewus te wees in jou lyding na 'n miskraam of ander verlies. Dit is ook 'n uitnodiging om gekoester en verstaan te word en om van ander vroue te hoor...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://adrielbooker.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid