Leesplan inligting

Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel BookerVoorbeeld

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

DAG 4 VAN 7

Dag Vier


U Koninkryk Kom


Skrifgedeelte: Matteus 6:10





Toe Jesus ons in Matteus 6:10 geleer het hoe om te bid, het Hy in sy gebed erkenning gegee dat God se wil nie altyd op die aarde geskied nie, maar dat ons moet bid dat dit sal. 



Babas gaan dood voordat hulle gebore word. Geweld verwoes gemeenskappe. Gevangenes word geslaan en gemartel. Nasies kyk weg terwyl volksmoord langsaan plaasvind. Rasisme maak drome dood en eis lewens. Mishandeling vernietig gesinne. Ego's maak regerings korrup. Agterlosigheid en onverskilligheid vernietig oseane en woude. 



Ons kan in die nuus sien dat God se wil nie altyd geskied nie; dit is ooglopend dat die afgryse van oorlog nie God se hart of bedoeling verteenwoordig nie. Wat daarvan as dit egter ons lewe is, ons baba s'n? Glo ons dit dan? Glo ons dan dat Jesus se gebed nog geldig is? 



U koninkryk kom, u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.



Ons ly omdat ons in 'n wêreld leef waar goed nie is soos dit behoort te wees nie. Dit is nie God se bedoeling nie; ons is nie geskape om te ly nie. Die mens se verhaal begin in Genesis hoofstuk 1, nie hoofstuk 3 nie. 



Lyding bestaan, maar nie omdat dit God se bedoeling of wil vir ons lewens is nie. Dit bestaan omdat Hy ons geskape het met die vermoë om lief te hê en liefde vereis altyd vrye wil — dit kan nie afgedwing word nie. Met die mensdom se vrye wil het ook die vreeslike vermoë gekom om teen Liefde te rebelleer. Ons rebellie in die tuin het die proses in die wêreld begin om lyding te ervaar en dit gaan steeds voort terwyl dit 'n spoor van gebrokenheid op die pad agterlaat. 



Dit was nie toe God se wil nie en dit is nie nou God se wil nie. 



Soveel jare na Eden, kreun ons nog onder die gewig van verdriet. Jesus het gekom, maar ons wag nog vir Hom om terug te kom. Hy het ons van onsself gered en Hy red ons nog steeds terwyl Hy ons bewus maak van sy doel in ons lewens. Die koninkryk van God is op hande en dit word elke dag verder bekragtig terwyl ons daarin leef en God toelaat om ons heel te maak en ook deur ons die skepping heel te maak. 



Ons tussen-in toestand bly egter gespanne. Ons hou die belofte van hoop en verlossing in die een hand en die werklikheid van 'n wêreld wat nog steeds met rebellie deurtrek is, in die ander. Dit is die rede hoekom ons aanhou bid dat, u koninkryk kom, u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Mag dit so wees.






Is dit bemoedigend of ontmoedigend vir jou om te weet dat sommige van Jesus se gebede onbeantwoord bly? Hoekom? Verander dit die feit dat God die laaste sê sal hê wanneer Hy weer kom?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

Hierdie oordenking is 'n uitnodiging om te voel, te worstel, ten volle bewus te wees in jou lyding na 'n miskraam of ander verlies. Dit is ook 'n uitnodiging om gekoester en verstaan te word en om van ander vroue te hoor...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://adrielbooker.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid