Leesplan inligting

Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie - Deur Jentezen FranklinVoorbeeld

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

DAG 2 VAN 7

Dag Twee



Die Liefde Wen — Altyd



Skriflesing:  Johannes 21:15-17



Liefde is die antwoord vir 'n gebroke huis. Liefde is die antwoord vir die verslaafde. Liefde is die antwoord vir gebroke verhoudings. Liefde is die antwoord wanneer jy aanstoot kry. Liefde is die antwoord vir hartseer. Liefde is 'n wapen wat verdeeldheid kan verpletter en dit wat gebroke is kan herstel.



Wat gebeur nou in jou lewe wat die manier waarop jy liefhet beproef? Het jy pas uitgevind dat jou huweliksmaat ontrou is? Wil jy graag bande hernu met die dogter met wie jy maande laas gepraat het? Het jou seun jou pas vertel dat sy meisie swanger is? Ly jou tiener aan 'n verslawing wat nie net sy lewe nie, maar elkeen in die gesin se lewe oorweldig? Het jou volwasse dogter pas aangekondig dat sy lesbies is en klaar is met die hele God-affêre?



Verskillende dinamika en ingewikkeldhede kenmerk elkeen van hierdie situasies. Hulle is egter baie werklik. Hulle is moeilik en hulle maak seer.



Ek wonder wat sou gebeur as ons met God se hulp en sy krag, besluit dat ons gaan liefhê asof ons nog nooit seergekry het nie. In plaas daarvan om toegeneentheid te weerhou, bitter te bly of wraak te soek, bewys ons eerder liefde.



God sal bietjie vir bietjie begin om jou van die verlede te bevry as jy na iets nuuts sal uitreik.



Dit verg baie liefde en vergifnis om 'n gesin bymekaar te hou. Liefde faal egter nooit nie. Hou aan om te vergewe. Hou aan om lief te hê. Hou aan om uit te reik. Hou aan om te praat.



Die Groot Gedagte:  Hulle vir wie jy die liefste is kan jou die seerste maak. Wees nogtans lief vir hulle.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://book.jentezenfranklin.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid