Leesplan inligting

Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie - Deur Jentezen FranklinVoorbeeld

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

DAG 1 VAN 7

Dag Een



Jy Sal Nooit Beter Af Wees Solank Jy Iemand Probeer Terugkry Nie



Skriflesing:  Filippense 3:13-14



Wanneer iemand jou kwaad aangedoen het, is 'n swak geheue jou beste reaksie. 'n Goeie klomp vergeet is wat ons almal nodig het.



Het jy al opgelet hoe 'n juwelier sy beste diamante vertoon? Hy stal dit uit teen 'n swart fluweel agtergrond. Die kontras tussen die juwele en die donker agtergrond beklemtoon juis hulle glans.



Op dieselfde manier doen God sy mees asemrowende werk wanneer dinge hopeloos lyk. Waar daar pyn, lyding en radeloosheid is, is Jesus daar. Daar is geen beter plek vir God se glans om te skyn nie.



Ek weet nie wat in jou lewe aan die gang is terwyl jy hierdie oordenking lees nie, maar ek weet dit: Die pyn wat jy vandag voel, is die pyn wat jy kan genees.



Self het ek nog nooit die pyn van verslawing ervaar nie. Ek het ook nog nooit die pyn ervaar om 'n kind te verloor nie. Ek het nog nooit die pyn van egskeiding ervaar nie. Ek kan slegs aan ander die raad uit God se woord en gebed aanbied. Mense wat egter reeds deur sulke valleie gegaan en daardie pyn ervaar het, is beter gekwalifiseerd om iemand te help genees wat deur dieselfde krisis gaan. Wat egter belangrik is om te onthou is dat God jou kan genees, ongeag die oorsaak van jou pyn.



Dit is al voorheen gesê dat jou gesin die grootste geluk in die lewe bring, en met tye ook die lewe se diepste hartseer. Wanneer ek daaraan dink hoe moeilik dit is om jou gesin goed te laat funksioneer, die uitdagings wat kom en die komplikasies wat dit behels, is dit sowaar nie maklik nie. Gesinslede weet presies hoe om ons uit te daag. Hulle kan regtig op jou senuwees werk. Juis die mense wat ons die liefste het, is diegene wat ons deur hulle oortredings kan beïnvloed, as ons nie op die regte manier optree nie. Ek het egter geleer dat daar saam met uitdagings ook geleenthede kom. Ons gesinne verskaf ook die grootste geleenthede aan ons om te leer hoe om lief te hê asof ons nooit seergemaak is nie.



Die Groot Gedagte:  Vandag se pyn is die pyn wat jou kan genees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://book.jentezenfranklin.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid