Leesplan inligting

'n God Wat Getrou isVoorbeeld

A God Who Is Faithful

DAG 6 VAN 7

  


Heiligmaking



Heiligmaking is eenvoudig die proses om al meer soos God te word. Gelowiges word al meer heilig uit dankbaarheid vir dit wat God in hulle lewens gedoen het. Die Griekse woord "heilig" beteken om "eenkant gesit te wees" vir God se spesiale planne. Paulus het die nuwe gelowiges in Tessalonika aangemoedig om die soort lewe te leef wat wys dat dit God se wil was om saam met Jesus te loop en so vir God met hulle lewens bly te maak (1 Tessalonisense 4:1,3). Hy het gesê dat 'n heilige lewe baie prakties is en dat die verwerping van God se reëls gevolge meebring (vers 8). God verwag van sy mense om daaglikse keuses deur 'n ander lens te maak: die lens van die evangelie van waarheid.



Wanneer iemand hulle geloof in Christus plaas, is hy of sy heilig of "heilig gemaak" deur die offer wat Jesus Christus eens en altyd vir almal gebring het (Hebreërs 10:10). Sonde is totaal uitgewis, die dood is oorwin en die ewige lewe lê voor. Dit is die goeie nuus! Terselfdertyd begin die gelowige met 'n lewenslange proses om reiner te word en deur die krag van die Heilige Gees, al hoe meer soos God te word (1 Tessalonisense 4:8). Paulus herhaal hierdie feit, deur te verklaar dat God die Tessalonisense "geheel en al" sal heilig en hulle sal bewaar sodat hulle "... onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!" (1 Tessalonisense 5:23).



Vandag kan volgelinge van Jesus aan daardie belofte vashou, want "Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou" (1 Tessalonisense 5:24).



Vandag se Gebed:



Jesus, dankie vir die werk wat U in my hart en in my lewe doen. Hou asseblief aan om my heilig te maak tot op daardie dag wanneer ek saam met U in die paradys kan wees. Amen.



Hierdie oordenking is 'n uittreksel uit Die "Jesus Bible", NIV Uitgawe 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

A God Who Is Faithful

Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnsp...

More

Baie dankie aan Louie Giglio, Passion Uitgewers en HarperCollins vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://bibl.es/YV-TJB-Faithful_God

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid