Leesplan inligting

'n God Wat Getrou isVoorbeeld

A God Who Is Faithful

DAG 3 VAN 7

  


Beskerm die Koning


Atalia, wie se naam "die Here is verheerlik" beteken, het nie die betekenis van haar naam uitgeleef nie. Soos die volk verval het, het sy voortgegaan op dieselfde moorddadige pad as baie van die vorige heidense leiers. Toe haar seun (koning Ahasia) sterf, het sy elke koninklike erfgenaam vermoor en self die troon oorgeneem. Sy het egter een erfgenaam oorgeslaan: die jong Joas, haar kleinseun en die seun van Ahasia. Jehoseba, Ahasia se halfsuster, was getroud met die hoëpriester en was in 'n perfekte posisie om Joas te red en weg te steek. Atalia het waarskynlik nie eens geweet van Joas se bestaan nie, en so het hy die dood vrygespring. Die Here het Joas beskerm en verseker dat hy die beloftes sou ontvang wat God aan Dawid gemaak het. Weereens kon Dawid se koninklike nageslag bly voortbestaan as gevolg van God se verbondstrou, al het dit menslik onmoontlik gelyk (2 Samuel 7:16).


Op dieselfde manier het God die baba Jesus beskerm toe koning Herodus hom wou doodmaak en dit vir Hom moontlik gemaak om Dawid se troon vir ewig te vestig (Matteus 3:13 - 20).Die hele verhaal van die Bybel getuig van God se getrouheid om sy beloftes te vervul en sy bepalings en heerskappy te vestig.



Vandag se Gebed: 


Jesus, ek verstaan nie altyd hoe die stukke van die legkaart inmekaar pas nie, maar help my om te glo dat dit wel gebeur. Dankie vir u volmaakte wil. Amen.


Hierdie oordenking is 'n uittreksel uit Die "Jesus Bible", NIV Uitgawe 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A God Who Is Faithful

Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnsp...

More

Baie dankie aan Louie Giglio, Passion Uitgewers en HarperCollins vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://bibl.es/YV-TJB-Faithful_God

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid