Leesplan inligting

'n God Wat Getrou isVoorbeeld

A God Who Is Faithful

DAG 5 VAN 7

  


Lyding met 'n Doel



Paulus het die werklikheid van lyding net so goed as enigiemand anders verstaan [2 Korintiërs 1]. Sy probleme was so baie, dat hy op 'n stadium "... die hoop om te bly lewe, laat vaar het" (vers 8). Paulus het egter agtergekom dat net soos gelowiges in Christus se lyding deel, daar ook "... 'n oorvloed van bemoediging deur Christus is" (vers 5). Met hierdie wete het Paulus vreugde gevind in sy eie lyding, en die gelowiges in Korinte aangemoedig om dieselfde te doen. Paulus het verder besef dat Christus gelowiges in hulle lyding bemoedig, sodat hulle weer ander kan bemoedig. Paulus het sy eie tye van lyding as geleenthede gebruik om ander om hom te seën. Selfs wanneer alles verlore gelyk het, het Paulus geweet dat al sy lyding gebeur het sodat hy minder op homself en meer op God kon vertrou. Sy ervaring van wat Christus in die verlede tydens sy lyding gedoen het, het aan Paulus eerder meer vertroue gegee dat God sou aanhou om hom te verlos, sodat hy weer kon aanhou om die jong kerk te bedien.



Net soos Paulus, kan gelowiges vandag worsteling en lyding sien as geleenthede om diegene om hulle te seën. Net soos Hy nie vir Paulus in die steek gelaat het nie, sal Jesus aan sy mense getrou bly in alle omstandighede.



Vandag se Gebed:


Jesus, dankie vir die groeipyne wat ek ervaar het. Gebruik my en my ervarings in die verlede asseblief om ander te help. Amen.


Hierdie oordenking is 'n uittreksel uit Die "Jesus Bible", NIV Uitgawe 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A God Who Is Faithful

Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnsp...

More

Baie dankie aan Louie Giglio, Passion Uitgewers en HarperCollins vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://bibl.es/YV-TJB-Faithful_God

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid