Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Wagtend
Ek het altyd gewonder hoe die dissipels daardie dag moes gevoel het. Hulle vriend, rabbi en die Een wat hul verlosser moet wees, is so pas in die openbaar verneder en op die wreedste manier denkbaar doodgemaak. Hulle moes verslae gewees het.
Ondanks Jesus se voorspellings dat dit nie die einde is nie, het die dissipels nie die gebeure van Paassondag verwag nie — hoe kon hulle? Daar was vir hulle niks goeds omtrent Vrydag nie; hulle kon nie terugkyk na die opstanding soos ons dit nou kan doen nie.
Op 'n manier leef ons in daardie onsekere ruimte waar ons vir iets hoopvol wag, maar wat nog in die verre toekoms is. Ons leef in die werklikheid van Christus se verlossing, en tog word ons omring met lyding en ons verlang na sy herstelwerk om voltooi te word.
Jesus sal die wêreld herstel; daar gaan vergelding wees. Al die hongersnood, armoede en pyn sal alles uitgewis word. Eendag sal ons terugkyk na ons eie tyd tussen Vrydag en Sondag en wonder waaroor ons so bekommerd was. Terwyl ons egter wag, kan ons elkeen sy deel doen om te help om die wêreld om ons te herstel.
Hemelse Vader,
ons vra vir geduld terwyl ons op u volmaakte herstel wag. Here, help ons om nie hoop te verloor nie en help elkeen van ons om herstel te bring in ons eie invloedsfere — om u heerlikheid te weerspieël en u liefde uit te straal. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
Nigel Harris, Hoof Uitvoerende Beampte van Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
