Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 42 VAN 47

Herstel: God is besig om skoonheid te herstel

Tydens 'n Tearfundreis in Ethiopië, het ek by 'n gesin oornag wat die perfekte gashere was. Ons het gesels terwyl ek versigtig probeer het om 'n paar koffiebone te rooster. Ons het saamgestem dat al wat ons wou doen was om lief te wees vir ons kinders, hulle veilig te hou en die beste vir hulle te gee.

My gasvrou het oor vier jaar baie hard gewerk om 'n suksesvolle besigheid op die been te bring. Sy het my vertel hoe haar lewe was voor sy by 'n selfhelpgroep aangesluit het — en hoe anders dit nou was; sy kan haar seuns skool toe stuur en is in staat om medisyne te koop as dit nodig is. Sy het haar kop hoog gehou — en sy het goedheid uitgestraal. Dit was duidelik dat haar hele lewe verander het.

Toe ek daarvandaan vertrek, het ek nagedink oor hoe God skoonheid eerste aan die binnekant herstel. Die besluit om 'n besigheid te begin, het eerste uit haar binneste gekom, danksy die ondersteuning en aansporing van haar selfhelpgroep en kerk. Terselfdertyd was daar iets aan die buitekant aan die gebeur. God herstel ons van binne-af buitentoe. Hy wag om ons te verander. Is ons gereed?

Here, U het my deursoek en U ken my. Deurgrond my vandag en werk in my sodat ek U van binne-af kan uitstraal. Mag ek gereed wees om van binne verander te word. Net U kan my skild wees en die een wat my kop hoog oplig. Amen.

Fiona Michael, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org