Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 26 VAN 27

Lees: Jakobus 5:19-20

SOAP: Jakobus 5:19-20

Jakobus eindig hierdie kragtige en uitdagende brief aan die verspreide en vervolgde Joodse Christene. Hy bemoedig hulle om passievol die mense wat van die geloof af weggedraai het, na te jaag. Gelowiges word geroep om te bid vir diegene wat wegdwaal van die geloof en hulle nederig terug te bring na die Here toe. 

Waar sien jy die bewys van Satan se invloed en inmenging soos jy (of iemand wat jy liefhet), ywerig die Here wil volg en gehoorsaam? Waar sien jy God se beskerming en vreugde te midde van moeilike omstandighede? Soos ons ywerig vir God leef, kan ons moedig vir God vra om 'n persoon wat weggedwaal het van die geloof, terug te bring, vir Sy wysheid en onbaatsugtige liefde, vir Sy krag om ons spraak te beheer en vir meer geloof om Hom geduldig in ons lyding te vertrou. 

Vader God, ek dank U vir U genade, barmhartigheid en geregtigheid deur Jesus se opoffering aan die kruis. Help my om gehoorsaam te wees aan U Woord. Beskerm my teen ontmoediging en twyfel wanneer ek swaarkry ervaar. Herinner my aan die voorreg en die krag van gebed. Here, laat my gedagtes, woorde, gesindhede en gedrag U liefde in aksie weerspieël aan 'n donker en gebroke wêreld. In Jesus se naam. Amen.  

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid