Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 1 VAN 27

Lees: Jakobus 1:1-4

SOAP: Jakobus 1:1-4

Jakobus, die half-broer van Jesus, begin hierdie brief aan die Joodse Christene van die vroeë kerk, wat verspreid en vervolg was, met 'n kragtige aansporing aan die volgers van Jesus om die waarde van beproewinge te besef. Hy leer ons dat lankmoedige volharding dikwels ontwikkel deur beproewinge. Vir gelowiges is lyding en beproewinge 'n feit. Wanneer ons beproewinge aanvaar en verduur op die korrekte manier (met vreugde), ontwikkel ons geestelike volwassenheid. Vreugde is nie in die lyding nie, maar in die kennis dat ons nooit alleen is of dat ons deur God vergeet is terwyl ons ly nie.  

Wat openbaar jou reaksie op beproewinge oor jou vertroue in God? Beproewinge dien 'n groot doel in die lewe van 'n gelowige. Dit help ons om staat te maak op God se onuitblusbare troos, liefde, genade en hoop. Beproewinge help ons ook om te sien in watter areas ons sonder God leef. Waar benodig jy God se hulp om jou siening van beproewinge en lyding te verander?

Vader God, U is die Een wat volkome getrou is om elke goeie werk wat U begin het, te voltooi. Dankie Here, vir U begeerte om my heel te maak en meer soos U te maak.  Help my om U manier om volwassenheid in my lewe te ontwikkel, te aanvaar en myself daaraan te onderwerp. Openbaar Uself duidelik deur my beproewinge, Here, sodat ek dit kan verduur met volle vertroue in U. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid