Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 24 VAN 27

Lees: Jakobus 5:7-12

SOAP: Jakobus 5:7-8

Omdat oordeel van die goddeloses belowe is, bemoedig Jakobus gelowiges om geduldig te bly tot daardie tyd. Jesus bly ons beste voorbeeld van lyding. Sy reaksie op onregverdige beskuldiginge en die dreigement van die dood was om geduldig, stil en gefokus op God se wil vir Hom te bly. Jesus het Homself nie teen Sy vyande verdedig nie. Hy het toegelaat dat Sy Hemelse Vader Hom verdedig. Jesus het Homself gegee om te ly sodat God se plan vervul kan word en Sy oneindige liefde geopenbaar kan word. 

Watter voorbeelde uit Jesus se lyding kan jy toepas en volg wanneer jy onregverdig ly? God is in staat om 'n mens se onreg te gebruik vir Sy glorie en ons beswil. Te midde van lyding word ons meer heilig gemaak en word ons meer soos Jesus. Wanneer jy jouself in moeilike omstandighede bevind, kies om te glo dat, net soos Jesus Sy lot beheer het, beheer Hy joune ook. 

Vader God, U is my barmhartige en ontfermende God - in staat om die moeilikste dinge in die lewe te beheer. Here, help my om geduldig swaarkry te verduur. Help my om nie beïnvloed te word deur hoe ek voel of hoe dinge lyk nie. Herinner my aan U onfeilbare liefde wanneer ek in die versoeking is om te twyfel aan U goedheid. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid