Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 22 VAN 27

Lees: Jakobus 4:13-17

SOAP: Jakobus 4:13-17

Jakobus leer gelowiges om met nederigheid te praat wanneer ons aan ons toekomstige planne en drome dink. Hy beskryf dit as sondige hoogmoed wanneer gelowiges aanvaar dat ons die krag en die outoriteit het om ons eie lewens en toekomste te beheer. Ons is deur God geskape vir Hom. Gelowiges is verlos deur die kosbare bloed van Jesus, so Hy het beheer tereg die roeping op ons lewens. 

Wat is jou reaksie op Jesus se roeping op jou lewe? God het nie Sy Seun gestuur om ons lewens perfek te maak nie, om al ons lyding en pyn weg te neem nie, of om ons alles te gee wat ons uit die lewe wil hê nie. Die lewe is alles oor God. God se werk word gedoen deur God se mense, deur God se wil, op Sy manier. In watter omstandighede is jy in die versoeking om God te probeer oortuig, ontduik of manipuleer om jou 'n gemaklike, gerieflike, stresvrye lewe te gee? 

Vader God, help my om my begeerte om my lewe te beheer en regeer, te laat gaan. Help my om te onthou dat my lewe nie meer my eie is nie, maar dat dit aan U behoort. Here, versterk my om nederig U leiding en U wil te soek voordat ek enige iets beplan of nastreef. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid