Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 19 VAN 27

Lees: Jakobus 4:7-12

SOAP: Jakobus 4:7-8

Jakobus spoor gelowiges aan om nederig aan God onderworpe te wees om sodoende versoeking te oorkom en Satan te weerstaan. God bring ons nader aan Hom deur Jesus Christus. Die oneindige reik af na die sterflike. Die heilige bedek die onheilige. Perfeksie soek die onperfekte. 'n Gelowige se verlossing begin met die nederige belydenis van ons sonde en die desperate behoefte vir Jesus om ons te reinig. Ons transformasie gaan voort met die nederige erkenning dat ons Jesus daagliks nodig het om heilige lewens te lei. 

Waar weerhou jy jou daarvan om jouself ten volle aan die Here te gee? God red onverdienstelike en onwaardige gelowiges van die dood en die slawerny van sonde deur die opoffering van Sy Seun. Hy plaas oneindige en onmeetbare waarde op ons en Hy kan absoluut vertrou word met ons vollle toewyding. Waar voel jy die druk om God te weerstaan en van Sy planne vir jou af te wyk? 

Vader God, ek dank U vir 'n ongelooflike liefde wat my oortuig om U met my lewe te vertrou. Here, help my om my selfsug te vervang met U nederigheid, my weerstand met onderdanigheid, en my halfhartigheid met U volkomenheid. In Jesus se naam. Amen. 

 
 

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid