Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 30 VAN 36

In afwagting op die Here se wederkoms.



Lewensbeginsel 30: Wanneer ons gretig uitsien na die wederkoms van die Here, motiveer dit ons om produktief te lewe.



Regdeur die Skrif word ons drie waarskuwings gegee oor die wederkoms van die Here:



1. Ons moet altyd getrou in afwagting wees. Die Woord van God bemoedig ons om met moed en krag in geloof vas te staan (Korintiërs 16:13) en om nugter te wag terwyl ons onsself bewapen met geloof, liefde en verlossing (1 Tessalonisense 5:8). En terwyl ons wag moet ons altyd bewus wees van veral vals profete, onderskeiding van die gees beoefen, en alles verwerp wat nie bely dat Jesus Christus God in die vlees is nie (2 Petrus 2:1; 1 Johannes 4:1-2).



Jesus praat met Johannes in 'n visioen en gee hierdie groot belofte aan hulle wat waaksaam bly: "Kyk ek kom soos 'n dief. Geseënd is diegene wat wakker bly" (Openbaring 16:15).



2. Ons moet ywerig werk. Waarom los Jesus ons hier op aarde nadat Hy ons gered het? Waarom word ons wedergebore en is dan nie sommer onmiddellik in die Here se teenwoordigheid nie? Dis omdat ons nog werk het om te doen!



Ons is die Here se getuies om te vertel van God se liefde en Jesus Christus se versoeningsdood. Ons moet ook teenoor ander getuig oor alles wat Hy in ons eie lewens gedoen het, beide met ons woorde en deur ons voorbeeld. Solank as wat daar 'n siel op aarde is wat nog nie die evangelie van onse Here Jesus Christus gehoor het nie, het ons nog baie werk om te doen.



3. Ons moet in vrede wag. Meer as vierhonderd keer in die Skrif beveel die Here ons om nie te vrees nie, maar om vrede te geniet — en Hy roep ons tot vrede terwyl ons op sy wederkoms wag. Die Bybel leer ons dat daar geen vrede sonder Jesus is nie … nie in 'n mens se hart, onder die mense of nasies nie. Met Jesus kan ons vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan en diep binne ons vestig (Filippense 4:7). Ons moet hierdie vrede soek en vind terwyl ons op die Here se wederkoms wag.



Wanneer die Here kom, sal Hy jou vind onder dié wat Hom liefhet en hom Verlosser en Here noem? Sal Hy jou kry waar jy doen wat Hy jou beveel het, gretig om Hom te sien en gereed vir sy verskyning? Dit is binne jou bereik om hierdie vrae positief te beantwoord. Hoe sal jy dus kies om te reageer op die Here se oproep op jou lewe?



En die feit is, Hy gaan weer kom! 





Om meer te leer oor die 30 lewensbeginsels of om bykomende hulpbronne af te laai om jou te help groei in jou verhouding met die Here, klik asseblief hier


Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid