MATTEUS 7:26-27
MATTEUS 7:26-27 Bybel vir almal (ABA)
Maar elkeen wat weet wat Ek sê en wat dit nie doen nie, is soos 'n dwase mens wat sy huis gebou het op sand. Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die wind het hard gewaai en dit het die huis baie geruk. Die huis het omgeval, en daar het niks oorgebly nie.”
MATTEUS 7:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
MATTEUS 7:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”
MATTEUS 7:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos 'n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.”
MATTEUS 7:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het geval, en sy val was groot.
MATTEUS 7:26-27 Die Boodskap (DB)
Aan die ander kant: as julle my woorde hoor en dit nie doen nie, is julle regtig dom. Dan is julle lewens op ’n hoop sand gebou. Wanneer die reëns en die storms oor julle losbreek, sal julle lewens uiteindelik inmekaarstort. Dan is die doderyk julle voorland.”