1 KORINTIËRS 10:3-4 - Compare All Versions
1 KORINTIËRS 10:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Almal het dieselfde geestelike voedsel geëet, en almal het dieselfde geestelike drank gedrink: hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat met hulle saamgegaan het. Die rots was Christus.
1 KORINTIËRS 10:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
1 KORINTIËRS 10:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
En hulle het almal van dieselfde geestelike voedsel geëet en almal van dieselfde wonderwater gedrink. Want hulle het uit die wonderrots gedrink wat hulle vergesel het; en daardie rots was Christus.
1 KORINTIËRS 10:3-4 DB (Die Boodskap)
Net so het hulle almal van die kos geëet wat God spesiaal vir hulle gegee het en van die water gedrink wat God vir hulle uit die rots laat kom het. Eintlik sou ’n mens kon sê dat hulle ’n geestelike rots gehad het wat saam met hulle gegaan het en dat Christus die rots is.
1 KORINTIËRS 10:3-4 ABA (Bybel vir almal)
En almal het dieselfde kos geëet wat God vir hulle gegee het. En hulle het almal dieselfde water gedrink wat God vir hulle gegee het. Hulle het gedrink van die water wat uit die rots gevloei het. Dit was 'n rots wat God gegee het, en die rots het saam met die Israeliete gegaan. Die rots was Christus.
1 KORINTIËRS 10:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
en almal het dieselfde geestelike kos geëet, en almal het dieselfde geestelike drank gedrink. Want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat hulle gevolg het – en die rots was •Christus.
1 KORINTIËRS 10:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En almal het dieselfde geestelike vleis geëet; En almal het dieselfde geestelike drank gedrink, want hulle het gedrink van daardie geestelike Rots wat hulle gevolg het, en daardie Rots was Christus.