Matteus 14:25-32

Matteus 14:25-32 AFR20

In die vierde nagwaak het Hy na hulle toe aangeloop gekom op die see. Toe die dissipels Hom op die see sien loop, het hulle vreesbevange geraak en gesê, “Dit is 'n spook!” en van angs begin skreeu. Maar Jesus het dadelik vir hulle gesê: “Hou moed, dit is Ek; moenie langer bang wees nie.” •Petrus het Hom geantwoord: “Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.” Hy het gesê: “Kom!” Petrus het van die boot afgeklim en op die water geloop, en na Jesus begin gaan. Maar toe hy sien hoe sterk die wind was, het hy bang geword. Toe hy begin sink, skreeu hy: “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” Toe hulle in die boot klim, het die wind gaan lê.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid