Hebreërs 4:2-6

Hebreërs 4:2-6 AFR20

Want net soos aan hulle, is die goeie boodskap ook aan ons verkondig. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gebaat nie, omdat hulle nie deur die geloof verenig is met dié wat dit wel gelowig aangehoor het nie. Ons wat tot geloof gekom het, gaan immers wel die rus in – soos Hy gesê het, “So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ” al was God se werke reeds vanaf die grondlegging van die wêreld afgehandel. Hy het immers êrens aangaande die sewende dag gesê: “God het op die sewende dag van al sy werke gerus.” En in hierdie gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!” Aangesien dit dan bly staan dat sommige wel daar sal ingaan – hoewel hulle wat eerste die goeie boodskap gehoor het, vanweë ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid