Matteus 2:19-21

Matteus 2:19-21 ABA

Later, toe koning Herodes gesterf het, was Josef nog in Egipte. 'n Engel van die Here het in 'n droom aan Josef verskyn. Die engel het vir Josef gesê: “Maak gereed, neem die Kindjie en sy ma en gaan terug na die land Israel, want die mense wat die Kindjie wou doodmaak, is nou dood.” Josef het toe gereedgemaak. Hy het die Kindjie en sy ma geneem en na Israel gegaan.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 2:19-21