Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 11:28

7 Dae Om Rus Te Vind
7 Dae
Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die Koning
7 Dae
Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag om die alledaagse juwele te ontdek wat op gewone plekke weggesteek is.

Op Vaste Rots
7 dae
Ons staan almal dikwels voor skynbaar onmoontlike situasies. Dis dan wanneer ons God se perspektief nodig het! Ons kan Hom vra vir sy hulp, leiding en krag in enige situasie. Hy het belowe om ons te help en sy beloftes is ’n vaste rots waarop ons elke dag kan bou. Hierdie 7-dag-leesplan is geneem uit die sakpas-dagboek OP VASTE ROTS.

Kom Sit By My
7 Dae
Menswees is moeilik. Om met ander mense in verhoudings te wees is selfs nóg moeiliker. Of jy jou weg deur politieke of godsdienstige verskille voel, met giftige mense te doen het of met jou eie onvergewensgesindheid, is die vraag hoe ons hierdie stryde moet hanteer waaroor niemand wil praat nie? Hierdie leesplan sal jou wys hoe jy nader aan God en ander kan groei deur die omstandighede waarvan jy liewer wil weghardloop. Ontdek die hoop en vryheid wat na vore kom wanneer jy leer om jou te verlustig in jou verskille, liefde te midde van onenigheid en om selfs met ongemak te kan leef.

Hartseer Oorlewende
8 Dae
Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Survivor", Beth Marshall, verstaan dit. Nadat sy mense van haar nabye familie verloor het, het sy besef verdriet is harde werk! Hierdie leesplan, geskoei op die boek "The Grief Survivor," sal jou aanmoedig om te skryf, en die Here te vertrou om te doen wat net Hy kan doen — om 'n lewe te herstel wat met vreugde gevul is!

Ontwikkel Leierskap met Bybelse Wysheid
8 Dae
Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vinnig ontwikkel, werkgewer- en spandinamika wat verander en die wisselende ekonomie, is maar net party van die kwessies waarmee ons te doen kry. Moet egter nie dink dat leierskapsontwikkeling net vir die werkplek is nie. Ons moet ook ons leierskap by die huis en in ons verhoudinge ontwikkel. Begin vandag en kry praktiese, relevante leierskapsinsig.

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
10 dae
Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
10 Dae
Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

Vind Vreugde in die Kamers van 'n Ma se Hart
10 Dae
Jy is óf oppad, of het alreeds ingetrek in die wonderbaarlike, bevredigende en frustrerende adres van ma-wees. Wanneer jy eers oor die drumpel van hierdie manjifieke woning getree het, wat gereserveer is vir diegene wat met kinders geseën is, sal jou lewe en jou hart nooit weer dieselfde wees nie.

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue
10 dae
Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspirerende oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR VROUE.

Hier Is Ek, Here
12 dae
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en Siel
14 Dae
Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe van spanning, dinge en uitbranding na een van vrede, ruimte en vervulling. Jy sal wenke leer om jou besittings te verminder, jou skedule te vereenvoudig en die antieke kuns van die Sabbat te beoefen.

Sag en Nederig: 'n 14-dag Leesplan
14 Dae
Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar hoe Hy oor jou voel en deur dit te doen hoe jy diepgaande en blywend verander word.

'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church
19 Dae
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.

21-Dae van Gebed vir Vriende
21 Dae
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

Beloftes van God
29 dae
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.