Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 3/30
Wat dink God oor jou?
Sleutelbeginsel
Toe God jou gemaak het, het Hy verskeie dinge in gedagte gehad. Hy het jou eerstens geskep omdat Hy jou liefhet en in ‘n verhouding met jou wil lewe. Tweedens het Hy jou geskep om Hom te aanbid en lief te hê. Derdens het Hy jou geskep om ander mense in hulle nood te help en om dit te kan doen het Hy jou toegerus met gawes (van die Heilige Gees) en talente.
Sleutel Skrifgedeeltes
Psalm 139:13-18 ─ U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.
Lees ook Genesis 1:26 en Jeremia 29:11.
2 Vrae
1. Wat leer ons oor God in Ps.139:13-18?
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes?
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Gebed: Aanbid God vir wie Hy is. Hy is ‘n God wat goed is. Vra die Here of daar enige iets in jou lewe is wat Hy nie in jou lewe wil hê en nie tot jou voordeel is nie. Bely dit.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More