Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 2/30
Hoe jy seker kan wees dat jou sonde vergewe is en jy ‘n kind van God is
Sleutelbeginsel
Jy kan seker wees van jou verlossing omdat jy seker kan wees van Jesus. Niks kan die feit dat Jesus gesterf en uit die dood opgestaan het, tot niet maak nie. Met sy bloed het Hy vir jou sondes betaal.
Sleutel Skrifgedeeltes
Johannes 1:12 ─ Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Romeine 6:23 ─ Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.
Johannes 10:27-29 ─ My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
Romeine 1:17 ─ In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
Ontdekkings Bybelstudie (Discovery Bible Study)
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 4 Skrifgedeeltes?
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes?
3. Waarom dink jy is Johannes 10:27-29 in die Bybel?
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Gebed: Aanbid God as die God van Waarheid─ Jesus sê: Ek is die Weg, en die Waarheid en die Lewe (Joh.14:6). Bid vir jou persoonlike behoeftes en ander wat nood het. Ruim tyd in vir sondebelydenis. Ruim tyd in om vir God dankie te sê vir spesifieke dinge.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More