Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 14/30
God die Heilige Gees
Sleutelbeginsel
Die Heilige Gees is die derde persoon van die Drie-eenheid. Hy is nie 'n krag-manifestasie nie. Hy is 'n persoon en Hy is God. Wanneer ons weergebore word, kom die Heilige Gees as persoon in ons woon. Ons kan nie sonder Hom lewe nie. Hy is ons Helper, die Een wat langs ons kom loop en ons lei en help om te verstaan wie Jesus en die Vader is. Hy gee vir ons geestelike gawes sodat ons 'n seën en hulp vir ander mense kan wees. Hy help ons om die Bybel te verstaan, want dit is Hy wat die Bybel geïnspireer het. Hy leer ons wat die wil van God is en gee vir ons geestelike krag om die wil van God te doen.
Bestudeer hierdie twee Skrifgedeeltes
Lees Johannes 14:16-26 en Johannes 16:5-15
Wat leer ons uit hierdie gedeeltes oor God die Heilige Gees? Skryf minstens 5 dinge neer. Wat leer ons van sy karakter en wat Hy in ons lewens wil doen?
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Name en beskrywings van die Heilige Gees
Die Nuwe Gees van God (Esegiël 11:19; 36:26). Die Advokaat (1 Johannes 2:1). Die Trooster (Johannes 14:16). Asem van die Almagtige (Job 32:8). Duif (Lukas 3:22). Vinger van God (Matteus 12:28; Lukas 11:20). Vuur (Jesaja 4:4). God (Handelinge 5:34). Helper (Romeine 8:26). Here (2 Korintiërs 3:17).
Olie (Hebreërs 1:9). Alomteenwoordige Gees (Psalm 139:7-10). Almagtige Gees (Romeine 15:13). Alwetende, Alsiende Gees (1 Korintiërs 2:10). Krag van die Allerhoogste (Lukas 1:35). Belofte van My Vader (Lukas 24:49; Handelinge 1:4). Seël (Efesiërs 1:13). Sewe Geeste van God (Openbaring 4:5). Gees van aanneming tot kinders (Romeine 8:15).
Gees van Hom wat Jesus opgewek het (1 Petrus 3:18). Gees van Heiligheid (Romeine 1:4). Gees van Jesus (Handelinge 16:67). Gees van Jesus Christus (Filippense 1:19). Gees van kennis en die vrees van die Here (Jesaja 11:2). Gees van liefde (2 Timoteus 1:7). Gees van waarheid (Johannes 14:17).
Gees van Wysheid en Openbaring (Efesiërs 1:17). Stem van die Almagtige (Esegiël 1:24). Water (Johannes 7:37-39). Wind (Johannes 3:8). Wyn (Handelinge 2:13-15). Goeie Gees (Nehemia 9:20).
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More