Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 19/30
Die volgende 12 Bybelstudies handel oor 12 bevele van Jesus
Nr.1/12
Jesus beveel: Bekeer julle en glo
Sleutelbeginsel
Met sy koms aarde het Jesus vir ons ‘n aantal duidelike bevele gegee. Die doel van hierdie bevele is om vir ons die wil van God te openbaar – hoe Hy wil hê dat mense moet leef in die koninkryk wat aan Hom behoort. Hierdie bevele is nie voorstelle, aanbevelings of riglyne nie. Dit is bevele en hulle moet gehoorsaam word.
Jesus roep al sy volgelinge op om vir elke sondaar, elke ongeredde mens, te gaan sê: Bekeer jou en glo.
Sleutel Skrifgedeeltes
Matteus 4:17 ─ Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
Markus 1:15─ Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”
Lukas 5:31-32 ─ Toe antwoord Jesus hulle: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes?
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes?
3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Gebed: Bid saam as ‘n groep: Aanbid God omdat Hy onveranderlik is. Prys God omdat elkeen van sy beloftes vir ewig waar is. Bid vir julle gemeentes. Vra die Heilige Gees om vir julle die Skrif dieper oop te breek en areas in julle lewe uit te wys waar daar nie volkome oorgawe is nie. Ruim tyd in om stil te word en te luister wat die Here vir julle wil sê.
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More