Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 16/30
Bely en breek met alle sonde en sondige gedragspatrone
Sleutelbeginsel
Jy sal sien dat jy selfs na jou bekering steeds sondig. Ons leef steeds in 'n gebroke wêreld en ons sal van tyd tot tyd struikel.
Wanneer jy sondig nadat jy weergebore is, sal jy nie jou verlossing verloor nie, maar jou sonde lei tot 'n verhindering van kommunikasie tussen jou en God. Die Heilige Gees sal jou dadelik wys wat jy gedoen het. Bely daardie sondes onmiddellik, breek daarmee en gaan voort om Jesus te volg.
Sleutel Skrifgedeeltes om te bestudeer
1 Johannes 1:9en Lukas 18:9-14
Besin oor die volgende 2 vrae
- Wat leer ons oor God in hierdie twee Skrifgedeeltes?
- Wat leer ek oor myself in hierdie twee Skrifgedeeltes?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas?
Enkele beginsels oor sondebelydenis
Eerstens kan dit wees dat jy nie eerlik met jouself is nie en nie alles oor 'n spesifieke saak bely het nie.
Tweedens, nadat jy God gevra het om jou sondes te vergewe en jou met die bloed van Jesus Christus te reinig (1 Johannes 1:9), vra Hom ook om jou te reinig van 'n bose en skuldige gewete (Hebreërs 10:22).
Derdens kan dit wees dat jy nie regtig met daardie sonde wil breek nie. Bid en bely enige vorm van onwilligheid.
Vierdens sal die Satan jou geduring aanval en probeer om jou vrede weg te neem. Jakobus 4:7 sê: "Onderwerp julle dan aan God. Weerstaan die duiwel, en hy sal van jou af vlug." Die vers bestaan uit drie dele: a) onderwerp jouself aan God, b) weerstaan die duiwel, en c) hy sal van jou af vlug. Wanneer jy dit alles gedoen het, kan jy die Bose in die Naam van die Here Jesus weerstaan en hom – in Jesus se Naam – beveel om jou in vrede te laat.
Vyfdens: Indien jy al die stappe hierbo gevolg het en steeds geen innerlike vrede het nie, moenie op die afwesigheid van vrede fokus nie, maar kyk op na Jesus en glo dat Hy die Satan aan die kruis verslaan het en die aanklagte teen jou met sy bloed aan die kruis gekanselleer het (Kolossense 2:13-15).
Hanteer die volgende sondes baie radikaal
1. Onvergewensgesindheid / bitterheid
2. Hoogmoed
3. Selfbejammering
4. Afguns en jaloesie
5. ‘n Kritiese gees
6. Wellus
7. Gierigheid en woede
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More