Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Bybelstudie 18/30
God sal voorsien
Sleutelbeginsel
God belowe om vir sy kinders te sorg. Ons is nie maar net uitgelewer aan omstandighede nie. Ons behoort aan ‘n liefdevolle, goeie en genadige Vader wat vir sy kinders in oorvloed voorsien.
Sleutel Skrifgedeelte
Bestudeer Matteus 6:25-34.
2 Dinge om te onthou
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie Skrifgedeelte wat jy voel belangrik is om te onthou?
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.
Sal jy God vertrou? Hy is die God wat die heelal geskep het en lieg nooit nie: Hy is God en hou sy woord (God, who cannot lie ─ Titus 1:2). Kyk ook na Numeri 23:19.
Jesus het gesterf om te verseker dat elkeen van God se beloftes geldig sal wees, dat God vir ons sal gee wat Hy belowe: "Hy (Jesus) is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê" (2 Korintiërs 1:20).
Gebed: Bid vir jou en jou mikro-groep se persoonlike behoeftes en oor die dinge wat God vir jou uit die Skrif geopenbaar het. Ruim tyd in vir sondebelydenis. Aanbid God omdat Hy almagtig, alwetend en alomteenwoordig is. Bid vir die redding van mense. Bid vir nuwe bekeerlinge om aktiewe evangeliste te word. Is daar iemand wat siek is vir wie jy kan gaan bid?
读经计划介绍

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More